Skots Scots | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Republiek Ierland Verenigde Koninkryk | |
Gebied: | Noord-Ierland Skotland | |
Totale sprekers: | 100 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaanse Anglies Skots | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Geen ampstaalstatus nie, maar erkenning as tradisionele of minderheidstaal in Skotland en Noord-Ierland | |
Gereguleer deur: | - | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | sco
| |
ISO 639-3: | sco
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Skots (Scots, soms ook Inglis, Lallans, Doric of braid Scots genoem) is die algemene naam wat na die Germaanse taal van Skotland verwys wat tradisioneel hoofsaaklik in dié land se laerliggende dele gebesig word. Dit word soms ook beskou as 'n Engelse dialek. Skots moet nie verwar word met Skots-Gaelies nie, 'n selfstandige Keltiese taal wat vroeër veral in die Skotse Hoogland gepraat is en nou verwant is aan Iers.
Met die sogenaamde Plantations, die grootskaalse vestiging van Skotse gesinne in Ulster vanaf die 17de eeu, is Skots ook na die noorde van Ierland oorgeplant. Dié streeksvariant staan bekend as Ulster-Skots (Ulster Scots of Ullans). Noord-Ierse sprekers verwys daarna ook as the Hamely Tongue.