Slag van Magersfontein | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Tweede Vryheidsoorlog | |||||||
Luitenant-genl. Lord Methuen en Genl. Piet Cronje | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk | Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) Oranje-Vrystaat | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Lt.genl. Lord Methuen Maj.genl. Wauchope |
Genl. Piet Cronje Genl. Koos De La Rey | ||||||
Sterkte | |||||||
12 000 troepe met 35 kanonne | 8000-8500 Boere met ten minste 5 x 75 mm Krupp-kanonne en vyf 1 pond “pom-pom” (Maxim-Nordenfeldt) grofgeskut | ||||||
Ongevalle | |||||||
976, waarvan ongeveer 244 gesneuwel of aan wonde beswyk het. | 250, waarvan ongeveer 105 gesneuwel of aan wonde beswyk het. |
Die Slag van Magersfontein het 'n beroemde oorwinning geword vir die Boeremagte tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hierdie slag het een van 'n driestuks neerlae deur die Britse magte (saam met Colenso en Stormberg) uitgemaak wat in Brittanje as die Swart Week bekend gestaan het. Die slag het gevolg na drie opeenvolgende nederlae (Belmont, Graspan en Twee Riviere (aan die Engelse bekend as die slag van Modderrivier) wat deur die Boeremagte gelei is in hul poging om Lord Methuen se opmars om Kimberley te ontset, te stuit. Die slagveld is naby die N12 nasionale pad.