Slag van Majuba Slag van Amajuba | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Eerste Vryheidsoorlog | |||||||
Die Slag van Majuba, geteken deur Richard Caton Woodville vir die Illustrated London News | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk | Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
Generaal-majoor Sir George Pomeroy Colley | Nicolaas Smit, Stephanus Roos, Danie Malan, Joachim Ferreira | ||||||
Sterkte | |||||||
405 infanterie | 400-500 | ||||||
Ongevalle | |||||||
92 dood, 134 gewond, 59 gevangegeneem | 2 dood, 6 gewond |
Die Slag van Majuba was die laaste van vier militêre botsings tussen Groot-Brittanje en die Boere van Transvaal gedurende die Eerste Vryheidsoorlog (Desember 1880 – Maart 1881). Dit het op 27 Februarie 1881 plaasgevind. Die klinkende oorwinning – en vernederende neerlaag vir die Britte – wat die Boere behaal het, het die Britte gedwing om Transvaal weer sy vryheid te gee, nadat dit op 12 April 1877 geannekseer is ('n verbreking van die Sandrivierkonvensie van 1852).