Suid-Afrikaanse Reserwebank

Die Reserwebankgebou (heel regs op foto) in Pretoria se middestad. Die reklamebord teen die gebou adverteer banknote wat Nelson Mandela vereer.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) is die sentrale bank van Suid-Afrika. Die bank se stigting in 1921 - ná die Parlement se bekragtiging van die "Currency and Bank Act" van 10 Augustus 1920 - was 'n regstreekse uitvloeisel van die finansiële ontwrigting wat deur die Eerste Wêreldoorlog meegebring is.[1] Daar was destyds 'n behoefte aan 'n instelling wat die uitreiking van banknote kon beheer, die onbevredigende monetêre en belastingtoestande kon hanteer, en die groot onwettige uitstroming van goud uit Suid-Afrika kon stuit.[2] Sentrale banke het in daardie tyd slegs in die Verenigde Koninkryk en Europa bestaan, en die SARB was slegs die vierde sentrale bank buite hierdie gebied, na die VSA, Japan en Java.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se hoofkantoor is sedert 1987 in 'n wolkekrabber in Kerkstraat in die sakesentrum van Pretoria gehuisves.

  1. Dannhauser, Diana: Simbool van ekonomiese stabiliteit. In: Suid-Afrikaanse Panorama, volume 33, nommer 6 (Junie 1988), bl. 14
  2. Dannhauser (1988), bl. 16

Suid-Afrikaanse Reserwebank

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne