Bynaam | Dannebrog |
---|---|
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
Verhouding | 28:37 nasionaal[1][2] 56:107 koninklik |
Goedgekeur | 15 Junie 1219 (Dannebrog-legende)[3] 8 Mei 1625 (erken as nasionale vlag)[4] |
Ontwerp | ’n Rooi veld met ’n wit Skandinawiese kruis. |
Bynaam | Rigets flag, Splitflaget |
Gebruik | Staatsvlag en vaandel en Oorlogsvlag |
Verhouding | 56:107[2] |
Bynaam | Orlogsflag |
Gebruik | Vlootvaandel |
Verhouding | 7:17[2] |
Goedgekeur | 11 Junie 1748 |
Die nasionale vlag van Denemarke dateer uit die dertiende eeu toe ’n banier met ’n wit-op-rooi kruis deur die konings van Denemarke gebruik is.[5] ’n Ontstaanlegende met noemenswaardige invloed op nasionale Deense historiografie koppel die bekendstelling van die vlag aan die Slag van Lyndanisse op 15 Junie 1219.[6][7] Die verlengde Skandinawiese kruis weerspieël die gebruik as seevlag in die 18de eeu.[8] Die vlag het in die vroeë 16de eeu gewildheid as nasionale vlag begin kry. Privaat gebruik van die vlag is in 1834 onwettig verklaar, maar in 1854 weer toegestaan deur ’n regulasie. Die vlag hou die wêreldrekord as die oudste nasionale vlag wat steeds in gebruik is.[4] Die vlag vertoon ’n rooi veld met ’n wit Skandinawiese kruis.
<ref>
tag; no text was provided for refs named encyklopædien
Die legende lui dat 'n rooi kleed met die wit kruis bloot uit die lug geval het gedurende die slag van Valdemar in die middel van die 13de eeu, waarna die Dene seëvierend was. As teken van die goddelike reg het Denemarke sy kruis in die ander Skandinawiese lande waar hy regeer het, vertoon en soos elke volk onafhanklikheid verkry het, het hulle die Christelike simbool geïnkorporeer.
Talle oorwegend Christelike state vertoon 'n kruis op hul nasionale vlag as verteenwoordigend van die Christendom. Skandinawiese of Noordse kruise op die vlae van die Noordse lande – Denemarke, Finland, Ysland, Noorweë en Swede – verteenwoordig ook die Christendom.. Die verlengdekruisontwerp is gevolglik deur ander Noordse lande aanvaar: Swede, Noorweë, Finland, Ysland en die Faroëreilande, asook die Britse argipels van Shetland en Orkney.