Koning

'n Kroon en septer is simbole van die koning se mag
Koningin Elizabeth II is die staatshoof van die Verenigde Koninkryk en die 15 Britse realms
Koning Willem-Alexander van die Nederlande (2009)

'n Koning is 'n man wat 'n land as gevolg van oorerwing regeer. 'n Koning bestyg gewoonlik die kroon as een van sy ouers, of 'n ander familielid sterf. Oor die geskiedenis heen is die meeste lande, veral in Europa, deur konings regeer. In sommige lande word die koning van voorafgestelde kandidate verkies.

Verskeie state in Europa het 'n koning of koningin, soos België, Denemarke, Nederland, Noorweë, Swede, die Verenigde Koninkryk en Spanje. Ook Jordanië, Kambodja, Lesotho, Maleisië, Marokko, Saoedi-Arabië, eSwatini en Thailand het 'n koning.

Die vrou van 'n koning word 'n koningin genoem. 'n Vrou wat die troon as gevolg van oorerwing bestyg word ook 'n koningin genoem.

As 'n land 'n koning of koningin het, is dit 'n monargie. 'n Land wat deur 'n koning of koningin regeer word, word 'n koninkryk genoem.


Koning

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne