Lemoen | |
---|---|
Lemoenbloeisels en lemoene aan 'n boom | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Rutaceae |
Genus: | Citrus |
Spesie: | C. × sinensis
|
Binomiale naam | |
Citrus × sinensis |
Die lemoen is die vrug van die sitrusspesie Citrus × sinensis in die familie Rutaceae.[2] Die vrug van Citrus sinensis word beskou as 'n soet lemoen, terwyl die vrug van Citrus aurantium beskou word as 'n bitter lemoen. Uit die lemoen is kruisings – soos pomelo (Citrus maxima) en die mandaryn (Citrus reticulata) – en vele ander saadlose onvrugbare variante word gekweek.[3]
Dit het waarskynlik sy oorsprong in Suidoos-Asië, en lemoene is reeds so vroeg as 2500 v.C. in China verbou. Lemoene en ander sitrussoorte is na Europa versprei[4] en teen die middel van die 16de eeu het die Spanjaarde weer lemoene na die Amerikaanse vasteland geneem.
Lemoenbome is sedert 1987 die mees aangeplante vrugteboom ter wêreld.[5] Lemoenbome groei wydverspreid in tropiese en subtropiese klimaat en is gesog vir hul soet vrugte. As die lemoenvrug nie vars geëet word nie, word dit verwerk vir sap of die geurige skil word selfs benut.[6] Lemoene is tans verantwoordelik vir ongeveer 70% van sitrusproduksie[7] en in 2013 is meer as 71 miljoen ton lemoene wêreldwyd geproduseer.[8] Lemoene is besonder volop in Brasilië en die Amerikaanse state van Kalifornië en Florida.[9]
Top lemoenproduseerders[8] (miljoen ton) |
2005 | 2010 | 2013 | 2016 |
Brasilië | 17.85 | 18.50 | 17.55 | 17.30 |
China | 2.7 | 5.0 | 7.47 | 8.40 |
Indië | 3.31 | 5.97 | 6.43 | 7.50 |
VSA | 8.39 | 7.48 | 7.57 | 5.20 |
Meksiko | 4.11 | 4.05 | 4.41 | 4.60 |
Spanje | 2.38 | 3.11 | 3.39 | |
Egipte | 1.94 | 2.40 | 2.89 | 3.40 |
Turkye | 1.45 | 1.71 | 1.78 | |
Italië | 2.26 | 2.39 | 1.71 | |
Suid-Afrika | 1.25 | 1.41 | 1.67 | |
Wêreldtotaal | 63.12 | 69.05 | 71.31 | 73.20 |
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)