Anglo-Zoeloeoorlog | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
'n Versameling belangrike gebeurtenisse tydens die Anglo-Zoeloe-oorlog van 1879. Van links na regs kloksgewys: Die Slag van Isandlwana, Die 17de Lancers by Ulundi, Die Britse verdediging van Rorke's Drift, en die Britse verdediging van Kambula | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
Verenigde Koninkryk | Zoeloe-koninkryk | ||||||
Aanvoerders | |||||||
Sir Henry Frere Lord Chelmsford Garnet Wolseley |
Cetshwayo kaMpande Ntshingwayo Khoza Dabulamanzi kaMpande | ||||||
Sterkte | |||||||
1ste inval: 15 000–16 000:[1][2]
17 kanonne
10 kanonne |
35 000[5] | ||||||
Ongevalle en verliese | |||||||
1 727 gesneuweldes 256 gewondes |
6 000+ gesneuweldes[6] |
Die Anglo-Zoeloeoorlog is in 1879 tussen die Britse Ryk en die Zoeloe-koninkryk gevoer. Met lord Carnarvon se suksesvolle instelling van 'n federasie in Kanada is die idee gehuldig dat soortgelyke politieke pogings, gekoppel aan militêre veldtogte, moontlik suksesvol kan wees met die Afrikaryke, stamgebiede en die Boererepublieke in Suid-Afrika. In 1877 is Henry Bartle Frere as hoëkommissaris vir die Britse Ryk gestuur om so 'n plan in Suid-Afrika te implementeer. Van die struikelblokke vir sy planne was die twee onafhanklike state van die Boererepublieke en die Zoeloekoninkryk en sy leër.[7]
Frere, wat op sy eie inisiatief, en sonder die goedkeuring van die Britse regering opgetree het,[8] en 'n oorlog met die Zoeloes wou ontlok, gee op 11 Desember 1878 'n ultimatum aan die Zoeloekoning Cetshwayo wat die koning nie kon nakom nie.[9] Bartle Frere stuur toe vir lord Chelmsford na Zoeloeland.[10] Die oorlog is gekenmerk deur verskeie bloedige slagtings, insluitende 'n verrassende oorwinning vir die Zoeloekrygers by die Slag van Isandlwana, asook as 'n baie belangrike tydperk in die tydlyn van imperialisme in die gebied.