Asjoera (Arabies: عاشوراء, ʿāšūrāʾ van ,عَشَرَة asjara/ʿašara, letterlik: "tien"; Oerdoe en Persies: عاشورا, ʿĀšūrāʾ; Turks: Aşure Günü) is die tiende dag van Muharram, die eerste maand in die Islamitiese kalender.[1] Vir die meerderheid Sjiiete en Alawiete is Asjoera die hoogtepunt van die routyd in Muharram en herdenk Imam Hoessein, die kleinseun van die profeet Mohammed, se martelaardood tydens die Slag van Karbala op 10 Muharram in 61 AH (10 Oktober 680 n.C. volgens die Gregoriaanse kalender).[2]Soenniete ken dieselfde berigte van hierdie gebeurtenisse, maar seremoniële rou het nie 'n gewoonte geword nie – alhoewel gedigte, lofredes en herhalings van die gebeure algemeen is en steeds algemeen voorkom.[3][4][5] Die rou vir die voorval het amper onmiddellik na die Slag van Karbala begin. Gewilde lofredes om die Slag van Karbala te herdenk is deur digters tydens die Omajjadiese en Abbasidiese tydperke geskryf, en die vroegste openbare rourituele het onder die Boejide in 963 plaasgevind.[6]
In verskeie Islamitiese lande het Asjoera 'n nasionale vakansiedag geword, en baie etniese en godsdienstige gemeenskappe neem daaraan deel.[7][8]
In Soennitiese Islam is Asjoera ook die dag waarop Moses (Mūsa) en die Israelites deur God met die skepping van 'n pad in die meer van die farao gered, en dit is die Islamitiese eweknie van Jom Kippoer.[9][10][11][12][13] Ander herdenkings sluit in Noag (Nūḥ) verlaat sy ark en die profeet Mohammed se aankoms in Medina.[14]
↑(en) Fundamentalisms and the state: remaking polities, economies, and militance Martin Marty, R. Appleby. University of Chicago Press. 1996 bl. 451
↑(en) Religion, social practice, and contested hegemonies reconstructing the public sphere in Muslim majority societies Armando Salvatore, Mark LeVine. Palgrave Macmillan. 2005 bl. 93
↑(en) Cornell, Vincent J.; Kamran Scot Aghaie (2007). Voices of Islam. Westport, CN: Praeger Publishers. pp. 117–18. ISBN978-0-275-98732-9. Besoek op 23 Augustus 2019.
↑(en) Eduard Sachau, The Chronology of Ancient Nations: An English Version of the Arabic Text of the Athâr-ul-Bâkiya of Albîrûnî, or "Vestiges of the Past," Collected and Reduced to Writing by the Author in A.H. 390–1, A.D. 1000 (Londen: W.H. Allen & Co., 1879), bl. 326-328.
↑(en) Sahih Bukhari Boek 31 Hadit 222, Boek 55 Hadit 609, en Boek 58 Hadit 279, [1]; Sahih Muslim Boek 6 Hadit 2518, 2519, 2520 [2]