Rang | Geldeenheid | Simbool ISO 4217 |
% daaglikse aandeel (Des. 2015) |
---|---|---|---|
1 | Amerikaanse dollar | USD ($) | 87,0% |
2 | Euro | EUR (€) | 33,4% |
3 | Japannese jen | JPY (¥) | 23,0% |
4 | Pond sterling | GBP (£) | 11,8% |
5 | Switserse frank | CHF (CHF) | 8,6% |
6 | Kanadese dollar | CAD ($) | 5,2% |
7 | Australiese dollar | AUD ($) | 4,6% |
8 | Meksikaanse peso | MXN ($) | 2,5% |
9 | Chinese juan | CNY (¥) | 2,2% |
10 | Nieu-Seelandse dollar | NZD ($) | 2,0% |
11 | Sweedse kroon | SEK (kr) | 1,8% |
12 | Russiese roebel | RUB (₽) | 1,6% |
13 | Hongkong-dollar | HKD ($) | 1,4% |
14 | Noorse kroon | NOK (kr) | 1,4% |
15 | Singapoer-dollar | SGD ($) | 1,4% |
16 | Turkse lira | TRY (₺) | 1,3% |
17 | Suid-Koreaanse won | KRW (₩) | 1,2% |
18 | Suid-Afrikaanse rand | ZAR (R) | 1,1% |
19 | Brasiliaanse real | BRL ($) | 1,1% |
20 | Indiese roepee | INR (₹) | 1,0% |
Ander | 6,3% | ||
Totaal[n 1] | 200% |
Die roepee, of meer spesifiek die Indiese roepee (simbool: ₹; ISO 4217-kode: INR) is die amptelike geldeenheid van die Republiek van Indië. Die uitreiking van die geldeenheid word deur die Reserwebank van Indië beheer.[3] Dit is genoem na die silwer muntstuk, rupiya, die eerste keer uitgereik deur Sultan Sher Shah Suri in die 16de eeu en later voortgesit deur die Mogolryk.
In Hindi staan die roepee bekend as भारतीय रुपया en in Engels as Indian rupee. Die moderne roepee is teoreties onderverdeel in 100 paise (enkelvoud paisa), maar vanaf 2011 is slegs 50-paise-munte 'n wettige betaalmiddel.[4][5] Banknote in sirkulasie verskyn in denominasies van ₹5 , ₹10, ₹20, ₹50, ₹100, ₹500 en ₹1000. Rupeemunte is beskikbaar in denominasies van ₹1, ₹2, ₹5, ₹10.
Die Indiese rupeesimbool ₹ (amptelik in 2010 aangeneem, is afgelei van die Devanagari konsonant "र" (ra). Die eerste reeks munte met die roepeesimbool is op 8 Julie 2011 uitgereik.
Die Reserwebank bestuur die geldeenheid in Indië en ontleen sy rol in valutabestuur op grond van die Reserwebank van Indiëwet, 1934.
Verwysingfout: <ref>
tags exist for a group named "n", but no corresponding <references group="n"/>
tag was found