Kongres van Wene

Deelnemers aan die Kongres van Wene
  1. Verenigde Koninkryk: Arthur Wellesley, 1ste hertog van Wellington
  2. Portugal: Joaquim Lobo Silveira, 7de graaf van Oriola
  3. Portugal: António de Saldanha da Gama, graaf van Porto Santo
  4. Swede: Carl Löwenhielm, Count Carl Löwenhielm
  5. Frankryk: Jean-Louis-Paul-François, 5de hertog van Noailles
  6. Oostenryk: Klemens Wenzel, Prince von Metternich
  7. Frankryk: André Dupin
  8. Rusland: gount Karl Robert Nesselrode
  9. Portugal: Pedro de Sousa Holstein, 1ste graf of Palmela
10. Verenigde Koninkryk: Robert Stewart, Viscount Castlereagh
11. Frankryk: Emmerich Joseph, hertog van Dalberg
12. Oostenryk: Baron Johann von Wessenberg
13. Rusland: Prins Andrey Kirillovich Razumovsky
14. Verenigde Koninkryk: Charles Stewart, 1ste baron Stewart
15. Spanje: Markies van Labrador
16. Verenigde Koninkryk: Richard Le Poer Trench, 2de graaf van Clancarty
17. Wacken (Griffier)
18. Oostenryk: Friedrich von Gentz (Kongressekretaris)
19. Pruise: Baron Wilhelm von Humboldt
20. Verenigde Koninkryk: William Cathcart, 1ste graaf Cathcart
21. Pruise: Prins Karl August von Hardenberg
22. Frankryk: Charles Maurice de Talleyrand-Périgord
23. Rusland: Graaf Gustav Ernst von Stackelberg

Die Kongres van Wene was 'n byeenkoms vanaf November 1814 tot Junie 1815, bygewoon deur ambassadeurs uit verskeie Europese lande. Die doel van die kongres was om vrede in Europa te bevorder ná die oorloë van die Franse Rewolusie en die Napoleonse tydperk (1789-1815). Ingevolge die laaste bepaling van die Eerste Vredesooreenkoms van Parys (30 Mei 1814) moes die oorwinnaars – Pruise, Oostenryk, Rusland, Brittanje, Beiere en Wurttemberg – in Wene 'n kongres hou om die betrekkinge in die hele Europa opnuut te reël.

Die hoofdoel van die kongres was om in Europa 'n magsewewig te skep wat moes verhinder dat een land die beheer oor die grootste deel van die vasteland kon kry, soos Frankryk dit onder Napoleon gedoen het en om die status quo in Europa te herstel soos in die voor-Napoleontiese era bestaan het. Aanvanklik is net die vier groot Europese lande verteenwoordig – die Verenigde Koninkryk, Pruise, Oostenryk en Rusland. Daarna is die herstelde Franse monargie deur Talleyrand asook talle kleiner lande verteenwoordig. Die vrede is deur hierdie vyf lande en ook Spanje, Portugal en Swede bekragtig. Verskeie kleiner Europese lande is ook teenwoordig, maar hulle het nie die vrede onderteken nie.[1] Die voorsitter van die kongres was die buitelandse minister van Oostenryk, Klemens von Metternich.

  1. Kennis,  vol 8, 1980, bl. 1470, ISBN 0 7981 0830 4

Kongres van Wene

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne