| ||||
Die Rasjidoen-kalifaat in sy grootste uitbreiding in 654 | ||||
Hoofstad | Medina (632–656) Koefa (656–661) | |||
Taal/Tale | Arabies, Aramees, Armeens, Berbers, Georgies, Grieks, Hebreeus, Koerdies, Kopties, Persies, Turks | |||
Godsdiens | Islam | |||
Regering | Monargie | |||
Kalief | ||||
- 632–634 | Aboe Bakr | |||
- 634–644 | Omar | |||
- 644–656 | Oethman | |||
- 656–661 | Ali | |||
Historiese tydperk | Middeleeue | |||
- Stigting | 8 Junie 632 | |||
- Ontbinding | 28 Julie 661 | |||
Oppervlakte | ||||
- 654 | 9 000 000 km2 3 474 919 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 654 skatting | 40 300 000 | |||
Digtheid | 4,5 /km² 11,6 /sq mi | |||
Geldeenheid | Dinar, dirham |
Die Rasjidoen-kalifaat (Arabies: الخلافة الراشدة), ook bekend as die Reggeleide Kalifaat, is gelei deur die eerste vier kaliefs in die Islamitiese geskiedenis. Die kalifaat is in 632 gestig ná die dood van Mohammed. Soenniete noem die vier kaliefs saam die Rasjidoen, of "Reggeleide", kaliefs. Die term word nie deur die Sjiiete gebruik nie omdat hulle nie die bewind van die eerste drie kaliefs as wettig beskou nie.[1]
Die Rasjidoen-kalifaat word gekenmerk deur 25 jaar van vinnige uitbreiding, gevolg deur vyf jaar van interne onenigheid. Die kalifaat se leër het op sy hoogtepunt meer as 100 000 soldate gehad. Teen die 650's het die kalifaat benewens die Arabiese Skiereiland ook die Levant, die gebied tot by die Transkaukasus in die noorde, Noord-Afrika van Egipte tot die hedendaagse Tunisië in die weste en die Iranese Plato tot dele van Sentraal- en Suid-Asië in die ooste verower. Dit was in daardie tyd die grootste ryk in die geskiedenis.[2]