Skots-Gaelies Gàidhlig | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈkaːlɪkʲ], ['ɡaːlɪɡʲ] | |
Gepraat in: | Verenigde Koninkryk Kanada Verenigde State Australië Nieu-Seeland | |
Gebied: | Skotland Nova Scotia | |
Totale sprekers: | 58 552 in Skotland.[1]
92 400 mense ouer as 3 in Skotland kon tot 'n mate Gaelies praat in 2001[2] met 'n verdere 2000 in Nova Scotia.[3] 1 610 sprekers in die VSA in 2000.[4] 822 in Australië in 2001.[5] 669 in Nieu-Seeland in 2006.[6] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Kelties Eiland-kelties Goideliese Skots-Gaelies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Skotse variant) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Skotland | |
Gereguleer deur: | Bòrd na Gàidhlig ("Gaeliese Instituut") | |
Taalbedreigingstatus | ||
EXUitgestorwe taal NE
Nie bedreig nie Dit is 'n bedreigde taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | gd
| |
ISO 639-2: | gla
| |
ISO 639-3: | gla
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Skots-Gaelies (Gàidhlig, [ˈkaːlɪkʲ], ['ɡaːlɪɡʲ], Keltiese taal van Skotland wat – as omgangs- of kultuurtaal en as die stigtingstaal van Skotland as 'n verenigde koninkryk – oorspronklik vanaf die 9de tot 11de eeu in die hele land en deur alle lae van die samelewing gebesig is, insluitende die Skotse koningshof.[7] Sy invloed word vandag steeds weerspieël in plek- en persoonsname.
; vroeër ook Ersies genoem) is die inheemseOor die eeue is Gaelies geleidelik verdring deur Skots en Engels en word vandag – ná twee eeue van dramatiese agteruitgang – nog deur klein taalgemeenskappe op die Buite-Hebride-eilande, in die westelike Skotse Hoogland, die Strathclyde-streek en in Glasgow, Edinburg en Inverness gepraat. Glasgow het danksy die vestiging van verskeie instellings, wat die taal bevorder en onderrig, tot 'n belangrike kulturele en opvoedkundige sentrum vir Gaeliese taal en kultuur ontwikkel. Baie sprekers praat egter nie Gaelies as hulle moeder- of eerste taal nie. Veral in Glasgow, waar 'n tiende van alle Gaeliessprekers saamgetrek is, word Skots-Gaelies oorwegend as 'n tweede taal gebesig. Gaeliessprekers is gewoonlik ook Engels magtig. Gaelies se ryk kulturele erfenis speel 'n sentrale rol in die herlewing van die taal wat selfs na die moderne popkultuur en hoofstroom-vermaaklikheidsbedryf begin uitstraal het. So het kykers van die gewilde televisiereeks Outlander 'n kans gekry om na gesproke Gaelies te luister.[8]
In taalhistoriese opsig maak Skots-Gaelies deel uit van die Goideliese groep van Eiland-Keltiese tale en is nou verwant met Iers en Manx. Die nou taalverwantskap met Iers is volgens sommige wetenskaplikes te danke aan die immigrasie van Ierse Skote sedert die 4de eeu. 'n Alternatiewe hipotese beweer dat die taal gelyktydig in Ierland en Skotland ontstaan het, veral aangesien die immigrasie-hipotese nie deur argeologiese opgrawings gesteun kon word nie. Skots-Gaelies moenie verwar word met Skots nie, die Germaanse omgangstaal van Skotland, wat uit die Angel-Saksiese dialekte van Suid-Skotland ontwikkel het.
'n Ouer historiese naam vir Gaelies, Ersies, verwys na die feit dat Gaeliese moedertaalsprekers hul taal nog tot in die 17de eeu as 'n soort Iers beskou het. Iers het destyds in Skotland selfs as skryftaal vir die inheemse Gaeliese dialekte gedien. Die naam Ersies (Engels: Erse) is afgelei van "Iers".