Ligging van Wes-Sahara
Kaart van Wes-Sahara
Topografiese kaart van Wes-Sahara
Die Verenigde Nasies se kaart van Wes-Sahara toon die deur Marokko besette gebied (wes van die Berm)[ 1] [ 2] en die gebied wat beheer word deur die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara (oos van die Berm).[ 1] [ 3]
Wes-Sahara (Arabies : الصحراء الغربية, aṣ-Ṣaḥrā’ al-Gharbīyah ; Berbers : Taneẓroft Tutrimt ; Spaans : Sahara Occidental ) is 'n gebied wat voorheen as Spaans-Sahara , 'n kolonie van Spanje bekend gestaan het. Dit is geleë in Noord-Afrika , suid van Marokko , suidwes van Algerië en noordwes van Mauritanië . Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara in die Atlantiese Oseaan .
In Julie 2004 het Wes-Sahara 'n bevolking van 267 405 gehad. Dit beslaan 'n oppervlakte van 266 000 km². Wes-Sahara is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk , maar met 'n totale bevolking kleiner as die meeste stede in Suid-Afrika .
↑ 1,0 1,1 (en ) "Fighting Is Long Over, but Western Sahara Still Lacks Peace" . The New York Times . 23 Februarie 2015. Besoek op 8 Februarie 2021 .
↑ (en ) "Resolutions adopted on the Reports of the Fourth Committee" . Verenigde Nasies . Besoek op 8 Februarie 2021 .
↑ (en ) Joanna Allan (9 April 2019). Silenced Resistance: Women, Dictatorships, and Genderwashing in Western Sahara and Equatorial Guinea . University of Wisconsin Press. p. 12. ISBN 978-0-299-31840-6 .